Moederskap


Om 'n ma te wees is nog die grootste en beste voorreg wat ek gehad het. Ek sal dit vir niks in die wereld verruil nie. Baie dankie aan my wonderlike en oulike twee seuns, en aan my lieflike omgee dogter wat my so trots maak en bederf. Julle is die rede hoekom ek dit so geniet om 'n moeder te wees.



Die grootste invloed en inspirasie vir my as 'n moeder, is my eie ma. Ouma Anne was 'n voorslag en het baie beteken vir ons. Sy het altyd raad gegee. Sy is begrawe langs haar jakkaranda bome op die plaas en sy hou nog 'n oog oor ons almal. Almal gebruik nou nog haar lemoenkonfyt en beskuit resep. Ons sal jou nooit vergeet nie ma, en ons is baie lief vir jou. Dankie vir alles.

Ouma Anne en die twee seuns


Ek en ouma Anne

No comments:

Post a Comment